Kom ons gesels oor...
Hier is 'n paar onderwerpe vir ons gesprekke. Hulle word elkeen aangepas volgens jou unieke behoeftes:
1958 -
Ons gesels oor die kort strepie tussen jou geboortedatum (hierdie is myne) en jou sterfdatum. Daardie strepie vertel die verhaal van jou hele lewe - alles wat jy gedoen het; alles wat jy besit het, maar veral ook alles wat jy was...
Ons kan nie lewe sonder 'n diep oortuiging oor die rede vir ons bestaan nie. Daarvoor moet ons bietjie grawe in ons diepste oortuigings: noem dit roeping of lewensdoel of wat ookal - maar daarsonder leef ons oppervlakkig.
As jy eers vir jouself uitgeklaar het hoekom jy hier is, sal jou hele lewenuitkyk verander: jou waardes, jou tydsbestuur, jou verhoudings, jou prioriteite en jou keuses.
Dit maak sin om hiermee besig te wees!
I'm OK You're OK - vir 'n nuwe manier van kyk na verhoudings
Ek gebruik die titel van Thomas A Harris se boek I'm OK You're OK om ons te help om met nuwe oë na onsself en na die ander mense in ons span te kyk. Hoe ek oor die verhouding tussen myself en ander spanlede dink, is krities belangrik vir die suksesvolle funksionering van enige span.
Die resultaat? Nuwe verhoudinge. Spanlede wat mekaar waardeer en respekteer. Potensiaal vir groei. Nuwe dinamiek in julle span.
Dink net aan die toepassingsmoontlikhede: spanbou; gesinsverhoudings, sportspanne; vooroordele; konflikhantering; huweliksberading; kollegas...
Hierdie benadering het mense weke later nog aan die gesels oor die nuwe manier waarop hulle oor mekaar dink. Dit maak 'n reuse verskil in die funksionering van spanne, personeel en leiers.
Ons floreer in verhoudinge as ons kan sę "I'm OK You're OK." Dis Tippet-belangrik...
Nuwe moontlikhede om te ontgin...
Positiewe strategiese verandering kom nie altyd so maklik nie. Maar met die Appreciative Inquiry model word dit 'n ontdekkings-ervaring soos min!
Hierdie is een van die wonderlikste uitvindings ooit: 'n model wat werk met sterkpunte! Ons antwoord 4 vrae:
WAT WAS...? Hoe het ons tot hier gekom? Ons praat oor ons uniekheid, sterkpunte, suksesse, waardes en identiteit - ons vertel die sukses-stories wat ons tot hier gebring het.
WAT AS...? Hoe groot kan ons droom? Ons bou voort op wat ons ontdek het, maar nou kyk ons vorentoe. Ons praat van geleenthede en potensiaal en moontlikhede.
WAT NOU? Hoe kan ons droom waar word? Ons beplan, dink strategies, skryf doelwitte neer en teken 'n padkaart - ons is oppad!
WOW! Ons leef ons roeping! Ons wil impak maak op mense, die węreld om ons 'n beter plek maak en 'n betekenisvolle lewe leef.
Vir jou ORGANISASIE: Aan die einde van hierdie proses het jy 'n nuwe, positiewe strategie op die tafel - en daaarmee saam 'n energieke en entoesiastiese span wat reeds ingekoop het.
Vir jou PERSOONLIKE BEPLANNING: Jy hoef nie te dink vanuit jou foute en swakpunte nie. Jy kan jou eie, unieke self ontdek - en vandaar die res van jou lewe beplan. Dan werk jy met roeping, waardes, impak en die verskil wat jy kan maak. Jy maak beter keuses. Jy leef 'n Tippet-lewe waar jy verbind is aan wat regtig vir jou saak maak. 'n Positiewe avontuur soos min!
Lees gerus my artikel oor hierdie hulpmiddel soos dit in die kerkomgewing toegepas kan word.
Ek gesels graag met jou oor jou unieke behoeftes …
NUUT!
"Om te meet, is om te weet, maar..."
Ek dink na oor die vraag: hoe kan 'n "nie-besigheid" weet of dit besig is om goed te doen? Hoe meet jy sukses sonder die gewone besigheid-meetinstrumente soos wins en verlies?
Jy kan dit meet - maar dan moet jy die regte vrae vra! Ek help julle graag...
Kerke, skole, welsynsorganisasies… - almal behoort hiermee besig te wees.
Francois Retief